Daashy Fearie! Ek is self nie 'n moerse liefdadigheids mens nie en gaan byvoorbeeld nie ou mense was of sop maak vir bergies nie. (ek het een keer gaan pikkewyne was nadat hull be-olie was, maar dit was om punte te score by 'n treehugger girl)
En ek het ook nie die klas van ding gedoen in my tydperk as Christen nie.
Wat ek wel doen, is om geld te skenk waar ek kan en waar dit gemaklik is, of ou klere, komberse en blikkies kos te gee aan organisasies wat dit aanwend. Hiermee is ek heel te vrede en doen dit omdat ek emaptie het en nie oorlat ek dink aan 'n volgende lewe nie.
Dis net vreemd dat worsie hierdie moerse siening oor InterWeb ateïste of wie dan ook al het, maar hy maak nie so lekker uit van dit wat hy nie like nie. Of iets. Deurmekaar bly deurmekaar.
Ei incumbit probatio, qui dicit, non qui negat; cum per rerum naturam factum negantis probatio nulla sit