Onderwys en taal

Verwysing.

Moeilike een, maar ek glo Engels is op die einde van die dag nog die “werkstaal” en moet van dag een af ordentlik geleer word, eers as 'n tweede taal en later (hoerskool) as voedingstaal.

Ek kry jaarliks te doen met hoopvolle kandidate wat in die korporatiewe omgewing aansoek doen vir learnerships, die eerste filtering prosess is Engelse punte, as jy nie 60% vir Engels (tweede of eerste taal) kan bereik nie dan gaan ek nie my tyd mors om 'n onderhoud te voer nie. Dan kom die eintlike onderhoud, en weereens kyk ek meer na hoe die persoon met my kommunikeer as na enigiets anders, as die spraak moeilik is of hulle nie hulself kan ordentlik uitspreek in Engels nie, gaan dit eenvoudig nie gebeur nie.

Ek het 'n paar jaar terug 'n jong wit man gehad wat uitstekende universiteit punte behaal het en twee grade agter die blad maar glad nie in Engels kon kommunikeer nie, ek moes hom afwys ten spyte van die feit dat hy absoluut potentiaal gehad het, dit was hartverskeurend.

Die Sjinese moedig hul mense al ’n geruime tyd ywerig aan om Engels te leer want hulle is goed bewus van die feit dat dit amper ’n voorvereiste is om effektief in die wêreld te kan kompeteer, is dit nou besigheid, kuns, wetenskap of enige ander menslike aktiwiteit wat ’n aansienlike hoeveelheid mense beoefen. Al wil sommige mense dit nie waar hê nie, Engels is ons wêreld se lingua franca. Ek sou sê díe oorweging alleen is goeie rede om Jansen se aanbevelings ernstig te oorweeg.

Faerie gee vir ons een voorbeeld daarvan: Om nie in Engels bevoeg te wees nie kan jou toekomstige sukses belemmer.

Verder nog kan ’n argument redelik maklik gemaak word dat indien dit vir jou belangrik is, die bewaar van jou kultuur deur jou kinders hoofsaaklik jou eie verantwoordelikheid as ’n ouer is, en nie die staat of die skool s’n nie.

'Luthon64

Ek is van mening dat jy eers n taal moet magtig wees voordat jy onderrig in ander vakke in daardie taal kan ontvang. Met primêre skoling slegs in n taal wat jy nie ken nie, gaan jy vir jou eerste paar jaar op skool slegs een vak hê, en dit is daardie taal. Opvoedkundige inrigtings moet voorsien in die aanvraag. As die Vrystaatse Universiteit sterk aanvraag ondervind van studente wat siviele ingenieurswese in Italiaans wil studeer, dan moet die universiteit dit aanbied. Taalbeleid moet deur aanvraag eerder as deur ideologie gedryf word. Dit sal outomaties veroorsaak dat taal aanpas by wat die samelewing benodig. Die beleid word dan reaktief eerder as voorskriftelik.

Ek was gelukkig genoeg dat my pa met engelse mense gewerk het toe ek 'n tjokker was en ek het met baie van hul kinders gespeel. So deur die nood van komminukasie moes ek baie vroeg die taal begin leer.

Op hoërskool het ek toe natuurlik my Ingilse klasse deurgeslaap terwyl menigte klasmaats hulself versukkel het om 'n paragraaf in onder 10 minute te lees. Òf in die moelikheid gekom want ek was op bl. 200 en die res van die klas op bl. 5. (Tot my verstomming, is dit klaarblykbaar 'n rede vir 'n uitkak)

Min het ek geweet toe ek by Tukkies opdaag sou ongeveer 80% van al my klasse in engels onderrig word. As ek reg het was die uitsonderings wiskunde en fisika. Draai uit al die mense in daai “Afrikaanse” universiteit is toe nie wit boer-kindertjies nie, maar van regoor SA en die wêreld, en nog meer studeer ek toe mos rekenaarwetenskap… waar die afrikaanse terminologie so bietjie vebeisterend kan wees.

Maar, wat 'n voordeel is dit toe ek begin werk! Nie net spandeer ek meeste van my tyd besig om in Engels te kommunikeer nie, maar ek is in staat om formele e-posse te kan uitruil met kliente, verskaffers, ens. Dit het eendag op 'n punt gekom waar ek vir my ouers gaan kuier het na 'n paar maande wat ek glad nie, nie eers sosiaal, enige Afrikaans gepraat het nie. Ek het skielik gesukkel om Afrikaans te praat met my eie ouers.

So, baie voordele, in my siens na gr.5 behoort almal vertroud te raak daarmee. Solank mens nie heeltemal die baba met die badwater uitgooi en jou taal vermoor in die proses nie. In my ondervinding is dit 'n egte gevaar. So ek sou die kinders 'n kans gee om vertroud te raak met hulle moedertaal ook.

Ek is ook nie seker of formele Afrikaanse taalgebruik en woordeskat in die praktyk sal oorleef nie. Wanneer sal die kinders dan blootgestel word aan vakgebied woordeskat?

Toepaslike leesstof… maar in daai ander taal. :wink:

'Luthon64

Dis 'n netelige issue. Die aanname dat Ingils die kommersiele taal is,is altemit korrek maar tog 'n nasleepsel van kolonialisme. Italianers en Duitsers kry hul skool onderrig geheel en al in hul moedertaal: Ingils is maar slegs 'n 2e of 3e opsie. Ek het vir die VVO gewerk en Engels is inderdaad 'n minderheids vereiste: Spaans en Frans die dominante diplomatiese voertale. Die Chinese het vele tale en weet wel dat Engels belangrik is in die internasionale wereld…maar kry tog steeds hul onderrig in hul eie taal.

Die feit dat teksboeke in Engels is, is nie rerig ter sake nie: Einstein het nooit in Engels studeer nie. Ek is totentaal tweetalig met Duits as 'n verdere taal. Ek het twee grade by Unisa studeer in Afrikaans insluitend Ekonomie en in Afrikaans eksamen geskryf; my M-graad in Engels by Natal Univ.

Nou kom ons by die kind: Is dit geregverdig om 'n Angolese kind in Angola in Engels op te voed of Portugees? Is ons nie besig om die kolonialistiese invloed te versterk nie? Gaan die kind nie battle om by te kom forever and a day! Ek staan by moedertaal onderrig tot in matriek: 'n vereiste tweede taal vanaf graad 8 miskien.

Moedetaalonderrig is seker ideaal. Helaas, ek dink nie dit is in Suid-Afrika haalbaar nie, behalwe dalk vir Afrikaanse kinders, waar die nodige onderwysers reeds beskikbaar is.

Een moontlike oplossing is om te verseker dat kinders vanaf 'n vroeë ouderdom by voorskoolsentrums ingeskryf word, waar daar net Engels met hulle gepraat word. Teen die tyd dat hulle graad een bereik, het hulle die taal dan darem redelik onder die knie.

By die skool waar ek werk is dit my ondervinding dat taal juis een van die groot struikelblokke is: beide onderwysers en kinders leer en gee klas in wat vir hule 'n tweede of selfs derde taal is. Maar waar kry ons genoeg onderwysers wat in Afrikatale kan klasgee? Dink ook aan die administratiewe nagmerrie: as die onderwysdepartement nie handboeke in een taal afgelewer kan kry nie, stel jou voor hoe sal dit gaan wanneer ons skole het met elf verskillende voertale wat elk hul eie stel handboeke en onderwysers moet kry.

Die elf amptelike tale begin vir my lyk na 'n baie onpraktiese oefening in politieke korrektheid. Natuurlik, as ons die skole verengels gaan alles verengels, en die ander tale is dan seker onvermydellik gedoem tot uitsterwing. Die VF+ en Praag sal deur die dak gaan en begin bomme plant.

So gepraat van voorskoolsentrums, dit is my panasee vir alles van die taalprobleem tot die vrot matriekuitslae. Ek het nou uit persoonlike ondervinding gesien watter verskil dit maak as kinders vanaf baie jong ouderdom elke dag ure lank in die teenwoordigheid is van volwassenes wat hulle die hele tyd stimuleer, eerder as om hul eerste paar lewensjare op iemand se rug deur te bring of na 'n TV te sit en staar. Teen die tyd dat Suid-Afrikaanse kinders skoolgaande ouderdom bereik, het 'n baie groot hoeveelheid van hulle weens gebrek aan stimulasie letterlik 'n tipe breinskade opgedoen, en dan is daar bitter min wat enige skool vir hulle kan doen, in watter taal ook al.

Nou nie dat ek jou persoonlik aanvat nie… en noem my nou maar jonk en kras, but so fucking what?

Ek dink dis dalk omdat Bob en ANCYL so suur raak enige geleentheid as iets “westers” tevoorskyn kom, dat hulle rof begin vuisswaai oor kolonialisme… Dat ek rerig nie meer omgee nie. Want dis nou al amper 'n religie van sy eie wat as teenvoeter dien vir enige rasionele gesprek.

Dit het gebeur, die wêreld is anders agv daarvan, kom ons maak die beste van die situasie.

Weet jy, ek besef nounet, “Kolonialisme” is seker die Afrikaanse psige se weergawe van Apartheid. Daai onderdrukking jare gelede wat die kinders-se-kinders se harte nogsteeds vir een of ander rede laat jaag selfs al was hulle nie daar nie.

BM EK vat dit nie persoonlik op nie maar die voetspore van kolonialisme le wyd deur die wereld: en nie altyd met slegte gevolge nie. Die politiese strydkrete se moer…dis nie my vertrekpunt nie.

Die artikel dat Engels die voertaal moet wees a la Jansen gebruik vir my 'n verkeerde filosofie. Dit gaan vir my om die opvoeding van die kind en nie of Engels die werkstaal is nie…dis accomodationism en 'n ekonomiese argument en te moer met die kind.

Daar was destyds 'n belaglike sielkundige teorie (apartheid-based) dat kinders van 'n Afr familie nie toegelaat mog word in 'n Eng Skool nie want hulle sou dan Skizo word: Ek was in 'n Duitse skool; toe Eng vir 4 jaar en die res Afr. So ek is tipies met 3 persoonlikhede gepla! My kinders ook! >:(

Ek stem met Brianvds saam oor die praktiese implikasies, elf tale etc en ook oor die absolute belang van vroee blootstelling aan ander kulture en tale in 'n stimulerende omgewing.

'n Vak soos wiskunde is moeilik genoeg, sonder om dit in 'n ander taal te leer. Aan die ander kant is dit onprakties, soos hierbo genoem. Ek staan aan die “Huistaal met Engels tot by Gr 5 en dan slegs Engels”.

In baie van die elf amptelike tale is dit nie net onderwysers wat ontbreek nie, maar ook lektore wat hulle sou kon oplei. Soms ontbreek die taal ook. Wat is die Venda vir koolstofdioksied of vierkantswortel? Die Afrika-tale is in die algemeen nie ver genoeg ontwikkel vir sekondêre onderrig nie. Dit is egter nie wat Jansen motiveer nie. Hy het dit spesifiek daarteen dat Afrikaners n eie identiteit sal ontwikkel in Afrikaanse skole en sien dit as n bedreiging vir rasseharmonie. Die doelwit behoort die beste moontlike opleiding te wees eerder as ideologies gedrewe Afrika Nasionalisme.

i-carbon dioxide en ama-square root. :slight_smile:

Die Afrika-tale is in die algemeen nie ver genoeg ontwikkel vir sekondêre onderrig nie. Dit is egter nie wat Jansen motiveer nie. Hy het dit spesifiek daarteen dat Afrikaners `n eie identiteit sal ontwikkel in Afrikaanse skole en sien dit as `n bedreiging vir rasseharmonie. Die doelwit behoort die beste moontlike opleiding te wees eerder as ideologies gedrewe Afrika Nasionalisme.

Ja, so tussen die lyne deur kry mens soms die indruk dat Jansen 'n verskuilde agenda het. Nie dat dit hom veel gaan help nie; ek vermoed dat Afrikaners bloot hul skole gaan privatiseer as die staat hulle almal wil verengels, en dan gaan hulle nog meer eksklusief wees as wat hulle reeds is.

[quote author=brianvds link=topic=2826.msg28631#msg28631 date=1381063315]

i-carbon dioxide en ama-square root. :slight_smile:

;D ;D

In die ambagte was dit iscrewdriver ook: desnoods het die myne toe Fanakalo geskep!

Daar is natuurlik reeds die Curro skole en hulle is besig om geweldig vinnig uit te brei. Hierdie skole is dikwels dubbel-medium (Afrikaans en Engels) soos die meeste Kaapse “Model-C” skole. Byeenkomste in die skoolsaal is afwisselend in een van die twee tale, gedurende speeltyd en in die koshuise meng die kulture terwyl die klasse eentalig is, maar die geslagte daar byeen is.

Die sosiaal konserwatiefste element is egter dikwels die laer inkomstegroep wat nie private skole kan bekostig nie.

Wat jy voorstel is natuurlik nie een van die drie opsies in die opname nie.