Op 'n ligter noot, my moeder glo deesdae klaarblyklik in so 'n vreemde versnyding van 'n simboliese Genesis en Darwinisme. As sy geweet het van die term, so sy dit seker intellegente ontwerp kon noem. Sy reken daar is 'n groot verskil tussen dier en mens, en dat Adam die eerste aap was met 'n gewete, en dus reg van verkeerd kon onderskei.
Nou die dag het ek haar gaan haal om 'n bietjie te kom kuier. Toe ons by die huis kom, is die hond net skoonveld. Sy het, seker uit verveeldheid, weereens haar kussing in flarde geskeur, en wit hollow-core vesels het die wêreld vol gewaai. Wat 'n gemors. Dit neem my 'n halfuur om alles op te tel. Uiteindelik spoor ons die hond op waar sy onder 'n sleepwa ingekruip het, en vir ons loer met so 'n skuldige uitdrukking. Inspirasie pak my beet: "Nou kyk nou daar, ma", sê ek "selfs my hond weet wat is reg en verkeerd!"
"Dit sê niks", kom die anwoord, "jou hond is mos nie 'n aap nie."
Rigil
« Last Edit: January 16, 2014, 16:38:44 pm by Rigil Kent »
You know it's cold outside when you go outside and it's cold.