Skandelik hoe min ons weet

Nou ja, as selfs Rapport begin kla dat mense te min wetenskap ken, dan is ons wraggies in die moeilikheid…

Skandelik hoe min ons weet

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Skandelik-hoe-min-ons-weet-20140308

Ek moet erken dat nommer drie my gevang het. :-[

Nou ja, nege uit tien is nie te sleg nie. :slight_smile:

Ek het dit interessant gevind dat Afrikaners evolusie verwerp. Maar dit verbaas my ook nie eintlik nie, want oor die afgelope dekade of twee, sedert Afrikaners hul politieke mag verloor het, het hulle hul op baie groot skaal gewend na religie, en dan dikwels fundamentalistiese weergawes daarvan.

Meer oor die storie.

'Luthon64

10 / 10 soos almal bewus is, is ek alwetend…

Ek het ook 10/10. Maar ek het afgekyk.

Nou ja, die sage duur voort:

http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/Wenbrief-Hoe-sou-Einstein-gevaar-het-20140315

Wenbrief: Hoe sou Einstein gevaar het?
deur Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes:
2014-03-15 23:19
Die berig “Skandelik hoe min SA weet – Suid-Afrikaners vaar swakker in peiling oor die wetenskap as ‘oningeligte’ Amerikaners” (Rapport, 9 Maart) laat ’n mens wonder hoe Einstein sou gevaar het in hierdie toets?

Veral omdat hy glo maar swakkerig op skool gevaar het en in soortgelyke elementêre toetse soms minder as die klasgemiddelde gekry het.

Sommige van die toetse wat aan hom gegee is, was te simplisties en oorvereenvoudig; hy het veel meer daarin gelees as wat hy veronderstel was.

Hy sou byvoorbeeld die stelling dat “die vastelande beweeg al miljoene jare lank uit plek en sal voortgaan om te beweeg” dalk verkeerd beantwoord het.

Hy sou kon argumenteer dat die vastelande al biljoene jare beweeg, nié miljoene jare nie. As kosmoloog sou Einstein heel moontlik ook die stelling “Die heelal het met ’n groot ontploffing begin” verkeerd beantwoord het.

Dís omdat dit oudmodies is om te praat van ’n heelal en jy deesdae eerder moet praat van ’n veelal. Daar is geen eenstemmigheid onder fisiese kosmoloë oor die oerknal-teorie nie. Om dus summier ’n klinkklare ja of nee hieroor te verwag, is verregaande.

Die stelling “Die mens het uit vorige diere ontwikkel” sou Einstein beslis nie ondersteun het nie. Hy het nooit die mens as slegs ’n gevorderde dier gesien nie – die wesenlike kwantumverskille was net te groot!

Soos een soölogie-professor altyd aan sy studente gesê het: Hulle moet altyd onthou dat 50% van wat hy hulle leer moontlik binne die volgende 50 jaar as verkeerd bewys sal word. Die ongeluk is hy weet nie watter 50% nie. Miskien wys die uitslag ons het meer ontluikende Einsteins in Suid-Afrika as in die VSA!

Kommentaar: As jy my vra, waarskynlik 'n kreasionis. Sien gerus ook die kommentare op die brief by die webbladsy. Laat my altyd so mengsel ervaar van lag en frustrasie. :slight_smile:

Kommentaar: As jy my vra, waarskynlik 'n kreasionis. Sien gerus ook die kommentare op die brief by die webbladsy. Laat my altyd so mengsel ervaar van lag en frustrasie. :-)
Daar is darm so paar kommentare wat wat deur die ou sien.

Ja, Dr. Bernhard Ficker is wél ’n kreasionis, nogal een van SA se bekendes. Hy is glo ’n fisikus maar met die gewoonlike arrogansie van die kreasionis, gee hy voor hy’s ook ’n deskundige in biologie en verwante vakke.

Byvoegsel: Ficker se laaste sin, indien hy dit ernstig bedoel, wys dat die man glad nie van die eenvoudigste verklaring van ’n fenomeen hou nie. Hy verkies ingewikkeldheid en dít is een kenmerk van ’n kreasionis.

'Luthon64