Fundamentalistiese ateïste

Ek is op die kommentaarblad hier bietjie aangevat oor my sogenamde fundametalistiese ateïsme, of ten minste op 'n afgewaterde as-die-skoen-pas-trek-dit-aan manier. :slight_smile:

Is iemand bewus van hierdie term? Dis vir my heeltemal nuut, en ook bietjie van 'n teenstrydigheid.

Rigil

M.a.w., dis ’n term wat gelowiges gebruik om hulself beter te laat voel wanneer die tekortkominge van hul geloof uitgewys word. Waar is die vervolging en verbranding en marteling wat ooit in die naam van ateïsme gepleeg is? Indien Hitler of Stalin of Mao Zedong of Pol Pot genoem word, is daai gevalle almal voorbeelde van fanatiese en onvoorwaardelike vasklou aan politiese ideale, en nie die gevolg van ateïsme op sigself nie.

'Luthon64

Well ek het al gehoor dat alle Atiese 'n fundemental verstandhouding het van geloof. Wat ek nogal met saam stem.

Ek sien my man as 'n fundamentalistiese ateis, my opinie is gebaseer op die feit dat hy absoluut geen geduld toon met enigiets geloof nie. Ek sal nog 'n dowe oor gooi teen 'n gepreek en die gesprek verander maar my man sal met 'n gekners van tande en verhewe stem die persoon aanvat en in die grond in vermorsel met logika. Die uiteinde (altyd), is dat hy frustreerd raak want die christen (of watookal) is dom-onnosel en ons vroeg huis toe gaan.

Ek dink die term is meer verwysend na ateiste wat net so hard sal argumenteer oor hul standpunt as wat christene hul geloof probeer regverdig. Christene verwag oor die algemeen dat ateiste nie hulle opinies mag lig nie en wanneer hulle aangevat word, dan kreit hulle ons uit op die enigste manier beskikbaar - hulle vergelyk ons met hulself.

Pragtig gestel, en presies wat ek vermoed het, maar nie so bondig kon verwoord nie! 8)

Wel gestel, maar ek dink nie dit gaan net oor belediging nie. Dit skyn ook 'n blik op die kortsigtigheid van hulle denke. Hierdie mense kan nie eers begin verstaan wat dit beteken om iets te glo sonder “geloof” nie. Dus is ateïsme in hulle oë net nog 'n geloof, onderhewig aan dieselfde tekortkominge.

soos ek dit verstaan is 'n fundamentalis iemand wat baie vas glo in watookal terwyl 'n radikalis iemand is wat tot die uiterstes sal gaan om iets te vermag. Die 2 terme word nogal baie met mekaar verwar/vereenselwig. Dan kry jy natuurlik fundamentalistiese radikalisme… ???

Well thank for clearing up what a fundamentalist atheist is L O L

Yeah… not really funny, I actually think he’s doing himself more of a disservice than anything else.

I’d argue the same line this thread has argued so far and I think calling people that go to a parody show fundamentalists is just playing into the haters’ hands.

I don’t know why people feel the need to go to these so-called “churches” even if it’s only run by comedians, I can understand the social needs, but going to such a place every week? I know they say we’re creatures of habit, but isn’t this like some weird crossover between Münchausen syndrome & Stockholm syndrome where you feel theres something wrong with you if you don’t congregate as a nagging habit left over after years of brainwashing ;D ;D

EDIT: LOL, met die vinnige blik wat ek op die draad gegooi het, het dit my heeltemal ontgaan dat hierdie in die afrikaanse afdeling is, Wahahaaa (wtf!!) ;D ;D

On further reflection, I think the term “fundamental atheist” is a reaction by believers to certain atheists’ (apparent) intolerance of anything to do with religion. As Faerie astutely points out, it’s a rhetorical device the purpose of which is to attempt side-lining atheist criticism by pulling the atheist to the believer’s own level.

'Luthon64