I am utterly delighted at this: (I am quoting as Beeld newspaper requires registration for reading online)
'Geen plek vir God in skole' SONJA CARSTENS Dinsdag 02 September 2014 Leerlinge aan die Laerskool Garsfontein, een van die skole wat in die hofaansoek ter sprake kom. Foto: Wayne Coetzee Dit is ongrondwetlik vir enige openbare skool soos omskryf in die Skolewet om een geloof uit te sonder en voor te staan. — Die Hofstukke ’n Organisasie vra die hooggeregshof in Johannesburg om ses skole te verbied om hulself onder meer Christenskole te noem, leerlinge toe te laat om Christelike liedere te sing en Christelike waardes en norme voor te staan. Hans Pietersen sê in hofstukke sy hofaansoek is hoegenaamd nie ’n heksejag op Christenskap of enige ander geloof nie, maar vir die beskerming van alle leerlinge se grondwetlike regte. As voorsitter van die organisasie vir godsdiensonderrig en demokrasie vra Pietersen die hof om verskeie Christelike gebruike en verwysings by die Laerskool Randhart in Alberton, die Laerskool Baanbreker in Boksburg, die Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, die Hoërskool Oudtshoorn en die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn met ’n interdik te verbied en dit ongrondwetlik te verklaar. Dié organisasie vra die hof om te verklaar dat die ministers van basiese onderwys en van justisie en korrektiewe dienste strydig optree met die nasionale beleid vir godsdiens en onderwys wat in September 2003 gepubliseer is. In hofstukke word aangevoer dit is ongrondwetlik vir enige openbare skool soos omskryf in die Skolewet om een geloof uit te sonder en voor te staan tydens godsdiensaktiwiteite by die skool of om hulself met ’n geloof te vereenselwig. Dit is ongrondwetlik om van enige leerling te verwag om direk of indirek aan te dui of hulle enige geloof voorstaan en indien wel, watter geloof of om inligting by te hou van watter gelowe ook al ondersteun word.Dit is ook ongrondwetlik om leerlinge te isoleer op grond van die godsdienste wat hulle voorstaan.
Hans Pietersen, voorsitter van die organisasie wat die ses skole hof toe sleep. Foto: Herman Verwey
Volgens Pietersen word daar weens dié gebruike in skole inbreuk gemaak op verskeie konstitusionele regte van leerlinge.
Dit sluit in hul reg op gelykheid omdat daar gediskrimineer word teen leerlinge op grond van hul geloofsoortuigings en kultuur; menswaardigheid omdat hulle gebrandmerk word as hulle nie deelneem aan godsdiensgebruike nie; vryheid en sekuriteit omdat dié leerlinge op ’n minderwaardige wyse behandel word wat hul psigologiese integriteit skaad; en geloofsvryheid.
Die organisasie voer aan die aansoek is in openbare belang, veral in belang van kinders.
Sy lede, wat die getuienis vir die aansoek verskaf, is Afrikaanssprekendes wie se kinders in die onderskeie skole aan Christelike praktyke onderwerp is.
Volgens Pietersen vra die organisasie nie dat koste teen die skole in dié aansoek wat volgens hom in openbare belang is, toegestaan word nie. Die organisasie se regspan tree pro bono vir hulle op.
Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gesê hulle vergader Vrydag met die betrokke skole om te besluit of hulle die aansoek sal teenstaan en hoe dit gehanteer word. “Die aansoek raak elke openbare skool, ook die skole met ’n ander godsdienstige etos as dié van Christenskap. Sou die saak verder gevoer word, sal dit waarskynlik weens dit wat gevra word in die konstitusionele hof beland.”
I note my old alma-mater has been quoted, and back in the 70’s it was bad enough - I recall being sent to the head master’s office and getting a “pak-slae” because I used the term “ek is in die sewende hemel” after some brat reported my slander to a teacher. Never mind context or that it was proper afrikaans describing a state of mind and feeling of joy.