My kinders en geloof...

'n Goeie dag aan al die heidene!

Ek het pas aangesluit hier, ek het toevallig 'n skakel na die forum raakgeloop na ek 'n paar links gevolg het oor daai akteur (het nou sy naam vergeet) wat vir Sam Harris op Bill Maher se show aangevat het. Dis nie ter sake nie - dat ek die forum raakgeloop het, is wel.

In elk geval, ek is al van my hoerskooldae 'n ateis. Dit was nie groepsdruk of rebellie teen my ouers of enige van daai klas strooi wat my my geloof laat verloor het nie, nee - ek het bloot net een dag op my stert gaan sit en die hele ding oordink en tot die konklusie gekom dat die hele spul 'n klomp bog is. En dit was ook eintlik die laaste wat ek hoegenaamd my tyd met die topic gemors het. Nie dat dit nie in my gesig gegooi word nie, nee - my pa se broer het twee doktorsgrade in teologie (hy was 'n prof in teologie op Tuks - hoe teenstrydig ‘prof’ en ‘teologie’ ookal in dieselfde sin mag klink.) En die arme perd ignoreer my nou al vir die laaste twee dekades soos die spreekwoordelike stopstraat - hy reken ek’s op 'n eenrigting-straat hel toe; ek dink die laaste paar keer waar ek hom met suiwer logika in 'n hoek gedryf het waaruit hy homself nie kon bullshit nie het 'n bietjie skeef in sy keel gaan sit.

Maar nietemin - my ouers en susters is baie gelowig, maar ek kon nie vir beter ouers as myne vra nie. Hulle weet dat ek 'n ateis is, maar my pa se opinie is dat hy maar net te bly is dat ek my verstand gebruik. Hy het my geleer om krities te dink, en hy neem my nie kwalik dat ek tot die gevolgtrekking oor geloof gekom het wat ek het nie, al strook dit nie met syne nie. Ek kan my punt verdedig, en dis al wat hy wil he. Dieselfde met my ma. Maar die hele spul van hulle is elke Sondag in die kerk.

Oukei - genoeg van my. Hier’s my probleem:

Ek bly in 'n klein dorpie in Noordwes. Die hele geloof-ding het my verbygegaan, soos ek gese het. Ek is maar net te dankbaar vir die stil Sondaeoggende wanneer ek die enigste ou in die SPAR is om my weeklikse inkopies te doen. Waar die ander mense heen is, is nie my saak nie. Maar nou het ek twee kleintjies, en nou raak die storie 'n bietjie meer persoonlik. My oudste word nou in Desember 5. Sy is vreeslik slim, sy’t haarself geleer somme maak (oukei, die basics - but still), sy lees en skryf al in rukke en stote, en sy maak haar ouers baie trots. Maar sy is geweldig sensitief. Soos in erg. As iets net nie is soos dit behoort te wees nie, as iemand net skeef vir haar kyk, as dinge nie werk soos sy wil he dit moet werk nie, dan is dit snot en trane.

Sy kom nou huistoe van die kleuterskool af, en elke tweede dag het hulle 'n nuwe Jesus-liedjie geleer. God dit, God dat. Dan die duiwel wat haar gaan straf as sy stout is. Allerhande stront wat hulle deur die oorywerige happy-clappy tannie by die kleuterskool geleer word. Ek het al oorweeg om haar daar uit te haal, maar weens my en my vrou se professionele skedules kan ons nie anders as haar by die skooltjie hou nie. Dit, en dat haar maats daar is. En sy het lank genoeg gesukkel om maatjies te maak soos dit is. Die ding is, ek weet ek kan ook nie vir die tannie by die skool gaan se om op te hou met die crap nie, of om ten minste net nie MY kind met die bog te indoktrineer nie, maar ek weet sy sal dan geviktimiseer word en dit sal haar breek.

My dogtertjie het al 'n paar keer huistoe gekom en my met 'n baie ernstige uitdrukking op die gesig gevra waar die hel is. Sy weet waar’s die hemel - sy wys reguit boontoe na die naaste groot fluffy wolk. Julle ken die storie. My kind word nou belas met al die onnodige skuldgevoelens en paranoia en stront wat ek gehoop het haar gespaar sal bly.

Hier’s my plan:

Ek kan haar nie wegvat uit die skooltjie nie. Besides, wanneer sy laerskool toe gaan, gaan dieselfde ding maar net aan. Ter wille van haar baie breekbare klein sielietjie dink ek op die kort termyn is dit belangrik vir haar om ‘te doen wat die maats doen’. Sodat sy nie uitgesluit voel nie. 'n Mens kan lag vir groepsdruk, maar op haar jare dink ek is dit bitter belangrik - belangriker, selfs, as die wete dat sy met 'n klomp stront besig is. Wat ek wel gaan doen, is om haar van vroegs af te leer krities dink. Ja, dat sy die halleluja-liedjies saam met haar maats sing, maar uiteindelik tot dieselfde gevolgtrekking as ek kom toe ek op skool was. Sy gaan op een of ander stadium besef hoekom sy dan Sondagoggend by die huis is. En ek dink haar ontgogeling met die hele storie gaan omtrent so traumaties wees as wanneer sy uitvind dat die tandemuis nie bestaan nie. Dis nog 'n illusie wat ek haar nie ontneem nie, en waaraan ek lustig meedoen. En dan, uiteindelik, of dit in die volgende tien of vyftien jaar gebeur, gaan sy in elk geval meer waarde aan die geloofskwessie heg, omdat sy self tot daai konklusie gekom het.

Dis my plan. Ek wil net weet of iemand hier al deur dieselfde drama met 'n oorsensitiewe kind is?

GROOT WELKOM Henk! Man jy’t sommer lekker hier ingesak en uitgepak. Welgedaan. Ek hoop ons kan voldoen aan jou verwagtinge. Die sleutel na my mening is : "Wat ek wel gaan doen, is om haar van vroegs af te leer krities dink" Daar le die ding. Dis jou “heilige” plig om jou kind se denkvermoe te ontwikkel sonder breinspoeling, intimidasie en ander strond. Ek’t soortgelyke ervaringe gehad met my kroos, 4 van hulle. Drie is ateiste (een miskien meer agnosties) en een christelik. En ons aanvaar dit so. Elke mens moet self besluit…my christen seun is nou 41 jaar oud was op harde drugs in sy jong jare en het sy vrou ontmoet wat hom reggeruk het en sy was die groot oorsaak dat hy christelik geraak het…en daar laat ek dit want hy is vir my belangriker as my persoonlike opinies ens. Good Luck en bly op hierdie link…

Welkom, Henk

Ek sit in dieselfde bootjie. My seuns 4 en amper 2 gaan na 'n ACSVV kleuterskool omdat dit gemaklik en goedkoperig is, relatief gesproke.

So met skok en toe vermaak het ek so paar maande gelede agter gekom die deuntjie wat my my seun neurie is “Yes, Jesus loves me” :slight_smile: Weet nie hoekom nie, ek was dit te verwagte.

Verlede Vrydag aand hulle skool se jaarlikse opvoering gaan sien, Noag se Ark.

Elk geval, ek het besuit om nie in te meng nie, maar ook om eenvoudig dood eerlik te wees as hulle my enige iets sou vra oor godsdiens of geloof of wat ook al.

Ek is self elke Sondag Sondagskool toe geboender en moes koffie kroeë en sulke goed bywoon op Riebeek-Wes in die Weskaap. Praat van klein dorpies! En natuurlik het dit nie verhoed dat ek verval het en nou seer sekerlik in die helle vuur gaan brand tot in der ewigheid nie.

Anders gestel, hulle het hulle fokin bes gedoen om my vir Jesus te wen en te behou maar logika en redenering het geseëvier. En dit het my nie veel skakde berokken nie behalwe vir verlore ure. In teen deel, ek ken vandag nog die bybel beter as meeste Christene net omdat ek die tiepe doos was wat opgelet het in klaskamers :stuck_out_tongue:

Sterkte!

Hallo en welkom by die forum, Henk. En geluk met jou “bekering” van jare terug.

Ek dink jou beplande benadering met jou dogtertjie is die regte ene: Laat sy saam met die ander kinders al die dinge op haar kleuterskool doen anders is sy ’n buitestander en ons weet hoe wreed klein kinders teenoor mekaar kan wees. Dalk die belangrikste ding, myns insiens, is om haar te laat weet dat jy dít wat hulle op die kleuterskool verkondig self nie glo nie (verduidelik die redes hoekom kortliks en verstaanbaar aan haar) en dat sy die moontlikheid moet oorweeg dat dit sprokiesverhale is wat sy hoor, soos Grimm of Andersen s’n. Daar is geen rede om nie saam te speel nie solank sy die moontlikheid beoog en verkieslik vir haarself hou. Jy kan die sake vir ’n jaar of twee los maar ek sal nie te lank wag nie. Kinders kan dikwels baie meer verdra as wat ons wil dink. Indien jou vrou ook ateïsties is sal haar ondersteuning in die opsig natuurlik ook baie help.

'Luthon64

Thanks vir die gulle verwelkoming! Ek kan sien ek gaan nog baie tyd hier spandeer…

In elk geval, ja. Dis seker maar al wat ek kan doen. Ek is bly om te hoor daar is ander van julle wat dieselfde paadjie stap, of gestap het.

Ek sal dodelik eerlik met haar wees, sou sy my enigiets rondom die hele Liewe Jesus-storie vra. Maar daar is 'n effense probleempie daarmee: Ek glo onverbiddelik in konsekwentheid. Sou ek haar moes vertel dat dit 'n klomp nonsens is, gaan Kersvader en die Tandemuis ook in die slag moet bly. Ek klink dalk nou kleinlik, maar daar is min dinge so waardevol (en so vlietend) soos die verbeelding van 'n kind. Die “magic” van wag vir Krismisvader die aand voor Kersfees, wanneer jy jou bes probeer om jou oë oop te hou en die bliksem te vang waar hy by die skoorsteen uitkom met sy arms vol prezzies. En elke keer wag hy tot jy aan die slaap raak voor hy die huis binnekom. Elke. Donnerse. Keer. Maar ek sou baie de moer in wees vir my ouers as hulle my daai ding ontneem het deur bloot net eerlik op die vraag te antwoord of Kersvader bestaan of nie.

Ek dink 'n beter plan (dalk 'n ruggraatlose een) is dalk om bloot net die hele topic te ignoreer. Tot sy begin agterkom dis ek wat die tande onder haar kussing skaai, en dat Jesus om een of ander rede nooit terugpraat as sy bid nie.

Maar nou ja. Ek weet nie hoekom dit my juis nou so pla nie. Dalk is dit omdat sy gisteraand vir my 'n preek afgesteek het oor hoe ons almal in die hel gaan brand omdat Juffrou so sê. Verdomp. Ek kan nie glo dat mense willens en wetens weerlose klein kindertjies kan brainwash met daai stront nie. Dis verdomp boos, en kan lewenslange sielkundige skade veroorsaak. Maar nou ja - ons moet hulle seker vroeg in die lewe vang as ons oor 'n dekade of twee nog kollekte wil in, of hoe? Die pastoor moet, after all, vir sy nuwe Merc betaal.

Hello Henk.

My Kind is nou amper 4. Mou vrou is 'n geloowige, so ek het amper die selfde probleem.

My seun het nog nie te veel gepraat oor die tipe goed met my nie. Maar op die einde soos jou
ouers nie kon besluit vir jou nie, kan ons nie vir ons kinders nie.

So my plan is maar soos wat my seun deur die goed gaan en hy begin praat of vra daar oor, ook
maar sy kritiese denke te ontwikkel, en hom vra te vra oor die goed en sien waar gaan dit.

As ek jy was, so ek die volgende keur as sy praat van hemel en hell vir haar vir duidelik dat
nie almal glo in 'n hemel en hell, en vir haar se dit is altyd ok om, iets te glo of nie en later
jou mind te change. En dat jy altyd sal lief wees vir haar maak nie saak wat sy glo nie.
En vir haar te se dit is fine is om die lietjies te sing by die skool al glo sy nie die selfde nie,
om 'n bietjie in te pas vir all op 'n klein dorp is nie slegste plan nie.

Hallo Henk, en welkom.

Ek het two uitgevrete seuns en het dieselfde probleme gehad toe hulle klein was, my jongste is nog steeds 'n baie sensitiewe seun op 18 (soms dink ek dis erger as om met 'n rebelse kind te sukkel, maar nou ja, dis 'n storie vir 'n ander dag)

Ek het die geloof ding op kleuterskool behandel soos Mefiante voorstel. Met elke bybel storie het ek 'n sprokiesverhaal die aand vertel en dan rustige vragies gestel oor die ooreenkomste tussen die bybelverhaal en sprokie - dink aan gifappels en water in wyn verander, maklik genoeg. Die laaste vragie dan elke aand was “Dink jy hierdie is stories of werklikheid” Ek het hulle dan gestop om te antwoord en gevra dat hulle daaroor moet gaan nadink eers en DAN vir my kom antwoord. Die uiteinde, baie jare later, is dat beide my seuns eers stop om oor 'n ding te dink in plaas daarvan om dinge net te aanvaar. Kritiese denke m.a.w.

Ek het ook so vroeg as moontlik (my twee was so 8 - 10 jaar oud op die stadium) was om hulle aan soveel moontlik gelowe bloot te stel, my oudste was tot Madras toe vir 'n week of wat om Islam te beleef. Glo my, dit was 'n kwessie van ses maande toe hulle beide vir my kom vertel het hulle dink die hele spul is 'n klomp twak. Die besef dat daar nie net “een regte geloof” is nie, maar 'n moerse lot wat dieselfde verkondig, was genoeg om hulle te laat besef dat mense maar eintlik net 'n lot skape is.

My jongste was in Graad 7 vereis om bybel voor te lees met die opening van skool op Maandae, toe ek daarvan te hore kom en hom toe uitvra daaroor, was sy houding: “Ma, its public speaking, and I need to practice that, what does it matter what I’m saying if it serves the purpose of me getting over my fear of speaking at all?” Wyse woorde van 'n 12 jarige.

Sing saam met haar die liedjies, en vat haar na al die bybel storie blockbuster flieks met die spectacular 3D wat uitkom, flieks is mos net stories dan nou nie, herhinner haar net daaraan. Ek sou nie op hierdie stadium haar die term “Ateis” leer nie, sou sy met haar maatjies gesels sal dit dinge net moeilik maak en sy het nog nie die woema wat sy in later jare sal he nie. Laat sy glo wat sy wil maar maak seker dat dit saam met kersvader en die tandmuis op die regte ouderdom 'n rustige dood sterf. My twee het eers hier op 10 of 11 hulle self begin uitspreek teen geloof en met 'n paar stampe en stote geleer wanneer om iets te se en wanneer om eerder stil te bly en water oor gods akker te laat loop.

Met die tafel gebede ens, ek het op daardie ouderdom oor omtrent alles gebid saam my kinders, ons het hoederboudjies bedank dat die hoender in question sy lewe gegee het om ons te voed, wortels uit die grond getrek uit die groentetuin bedank vir die goeie oogsig wat dit ons gaan gee, die gogga wat per ongeluk platgetrap is om verskoning gevra dat ons hom nie raakgesien het nie. Ek het meer gebid saam my klein kinders as in my hele lewe voor hulle koms. Die verskil is dat ons vir die kos/gogga/whatever gebid het en nie vir 'n god nie. My oudste het nou die dag verskoning gevra aan 'n muskiet wat hy platgeklap het, 'n vrome “I’m sorry had to kill you but you were annoying me”… ;D

My oudste op 22 is nou “couldnt be bothered” en my jongste op 18 'n uitgesproke “Evolunionist” - 'n term wat hy op 12 of so aangeneem het ten spyte dat hy drie maaitjies in the proses verloor het ('n moslem, katoliek en xtian kind onderskeidelik).

Dis 'n rowwe pad, maar hulle kom gewoonlik sterker en meer selfversekered aan die ander kant uit. Hou ons op datum, daar is 'n paar “old hands” op die forum wat deur hierdie dinge gekom het sonder te veel drama en raad help altyd.

Welkom, Henk.

Ek verstaan jou frustrasie maar te goed. Die bekende Chinese vloek lui mos, mag jy in interessante tye leef.

Ek kan eintlik maar net saamstem met jou gevolgtrekking oor hoe om die probleem te hanteer. Mense gaan immers vir ons kinders lieg oor verskillende dinge vir die res van hulle lewens. Eerder as om die spesifieke probleem van Christendom aan te vat wat, soos jy wel genoem het, net tot ongelukkigheid gaan lei, stem ek saam met jou plan om eerder kritiese denke te bevorder.

Natuurlik is elke kind effens anders, maar ek glo tog (::)) dat al wat werklik nodig is, is dat hulle 'n werkbare, praktiese begrip moet ontwikkel van die volgende: Hoe weet ons of iets waar is? Dis 'n eenvoudige vragie om te verstaan, maar kan lei tot baie interessantee besprekings (en selfs eksperimente!) tussen 'n ouer en kind.

Dis dan ook nie eers nodig om die “pretgelofies” soos kersvader en die tandemuis 'n eksplisite doodskoot toe te dien nie. Hulle sal mettertyd natuurlik erodeer saam met Liewe Jesus en Paashasie in die vloed van gesonde verstand. Trouens, hierdie pretgelofies is waarskynlik nogal waardevol as hulpmiddel om ALLE gelowe af te sweer op die een of ander stadium van grootword.

Hier is 'n soortgelyke fred as jy dit dalk wil bylees. http://forum.skeptic.za.org/religion-and-philosophy/good-parenting-for-the-atheist/

Onthou net, jy het geloofsvry daaruitgekom. Jou dogterjie se kanse is nog soveel beter omdat sy jou as ouer het.

Rigil

DIS die waarheid. Ek wou nou sê dis die ‘heilige’ waarheid, but oh, the irony!

Ek dink nog 'n storietjie wat 'n mens kan gebruik is die Keiser se Kleed. Dis in elk geval 'n baie belangrike kinderstorie wat om een of ander rede heeltemal oor die Christen-tannies wat dit vir die kindertjies voorlees se koppe gaan…

Maar ja, wat jy sê is waar. Ek het pretty much ongedeerd daarvan afgekom, maar dit was nie omdat Die Stelsel nie probeer het nie. Ek het my vrye verstand 100% te danke aan my pa, wat my van kleins af geleer het om my kop te gebruik. Al is hy self 'n Christen - hoe eienaardig dit ookal mag wees. Ek dink soms hy gaan maar net kerk toe vir die gemak van 'n bekende kultuurruimte, iets wat maar bittermin verander het vandat hy 'n kind was. Ek dink nostalgie speel 'n groter rol in sy kerkbywoning as enige geloof in die bonatuurlike.

Die enigste ding wat my egter pla is dat my dogtertjie ongelooflik sensitief is. En huidiglik resoneer die hele Jesus-is-lief-vir-jou ding met haar op 'n groot skaal. Sy’t hierdie magical protector in the sky wat haar oppas, selfs al is pappie nie daar nie. En niks wat ek kan doen of sê gaan op hierdie stadium vir haar 'n werkbare substituut wees vir Jesus nie. En dit skep die ruimte in haar kop waar hierdie klas van bog net 'n groter en dieper vastrapplek kry.

Dalk ooranaliseer ek die probleem. Ek dink net dis moerse boos en verkeerd van die samelewing om maar net klakkeloos te aanvaar dat dit reg is om so met kindertjies se koppe te smokkel - en dat my siening van die wêreld die probleem is.

Ek het nie hierdie probleem met my ander kind nie, sy word nou vier, en het vrede met geloof. Sy is nie beindruk met Jesus, Mohammed, Bhudda of die FSM nie. Sy is wel moerse impressed met liggaamsgeluide. Ja, haar enigste oorweging tussen Islam en die Christendom sal wees om Jesus en Mohammed 'n blik baked beans te voer en te kyk watter een poep die hardste. Sy sal daai een se geloof aanhang. Met oorgawe. Ek is net gepla oor my oudste, omdat sy so 'n ou sagte hartjie het en nou 'n prime target is vir die kopsmokkelaars.

Ek dink dit mag dalk 'n goeie ding wees om haar een Vrydag na 'n moskee te neem en vir haar te verduidelik dat die Islam ook bestaan, dat hulle 180° teenstrydig met die Christendom is (al is hulle beide Abrahamitiese gelowe), haar dan 'n hindoetempel te gaan wys, en te kyk of ek een Saterdag by 'n sinagoge kan ingaan. En haar dan te vra om vir my te vertel watter een is die waarheid.

Ek weet nie. Dis net ongelooflik amazing dat sulke middeleeuse bullshit so 'n impak op 'n mens se lewe kan hê, nou, in die blêddie 21ste eeu. Ek meen, hel. Ons was al op die maan, for pete’s sake.

Ongetwyfeld. En dit pla mens eers regtig (verkeerdelik miskien) wanneer jy self kinders in daardie situasie het. Maar dis seker maar in die mens se natuur… ons kan mos net passievol raak oor iets wat ons direk affekteer.

As mens nie iets verander kan kry nie, moet jy dit seker maar probeer gebruik op die positiefste manier moontlik. Ek dink Faerie se optrede met haar twee seuns was nogal 'n meesterlike voorbeeld daarvan. Op skool bou jou kind dalk nie net geloof op nie, maar meer belangerik ook kennis oor geloof. Die onderwyser rus die denkende kind onwetend toe met al die teenstrydighede wat sy gaan nodig hê om self die onwaarskynlikheidscracker te laat ontplof. Ons moet net die vuurhoutjies voorsien.

Rigil

As dit jou regtig pla, vervang dit met 'n engeltjie of feetjie. Ek het my jongste 'n brons engeltjie wat op 'n klip sit gegee to hy so 6 of 7 jaar oud was met die woorde dat hierdie engeltjie na hom sal omsien. 'n Engel behoort te werk want dis ook biblies en van die engel kan jy werk na 'n feetjie toe - albei het vlerke. Dis iets fisies wat die onsigbaar vervang. My seun het die ding orals saamgedra en het nog steeds 'n plekkie op sy bedkassie.

Ek dink nie jy moet te veel bekommer dat die bog 'n diep vastrap plek gaan kry nie, sy’s net 'n klein dogtertjie wat skielik besef die wereld is GROOT en nog nie haar plek daarin verstaan nie. Laat haar toe om vas te klou aan iets, en gee haar die kans om dit self later te verwerp. Dit sal kom.

Dankie vir die raad en advies! Ek’s bly om te hoor dat ek nie die enigste ou is wat oor is in Suid-Afrika wat reken geloof is 'n klomp ongefundeerde stront nie. Se wat jy wil, ons is maar yl gesaai.

Wat my dogtertjie aan betref, ek is nou meer gerus oor die storie. 'n Paar goeie tips opgetel.

Groete vir almal en geniet julle naweek. Met enige geluk steek daar waarheid in die bygeloof (!) oor Oom Paul se verjaarsdag, en begin dit nou verdomp reen. My gras vrek. Dalk moet ek 'n reendans in die tuin gaan doen.

Maak tog net seker jy doen die regte tipe dans…