I asked my brother, who is a lawyer, for his comments. Here they are, unfortunately in Afrikaans, so too bad for those unfamiliar with this curious little creole:
In ons reg sou die ding nie verder as n dagvaardiging gekom het nie. Die dagvaardiging openbaar nie n eisoorsaak nie te wete:
" . . . animals cannot own copyright [but People for the Ethical Treatment of Animals (PETA) sued Mr Slater in 2015]".
Dit sou iets kos om te verweer maar die dagvaardiging sou nooit verder as n prosesreglike dood gekom het nie en PETA se PROKUREURS sou die koste self moes betaal omdat ons regspraak nie onbesinne prokureurs toelaat om met ENIGIETS hof toe te hardloop nie. Eintlik sou die saak afgewys word oor n meer fundamentele probleem naamlik dat ape nie regsbevoegdheid het nie en derhalwe nie hof toe kan gaan om mee te begin nie - die enigste party was dus PETA en hulle het nie kopiereg nie. Die prokureur sou moes opdok.
In short, in South Africa no lawyer would even take on PETA's case because lawyers who take on blatantly absurd and/or frivolous cases are held responsible for the costs. There would be no case at all. Another example perhaps of America's absurdist legal system.