Mintaka, soos gewoonlik is jy en Anacol... (seblief, meis, kry vir jou 'n makliker naam) in die kol. Afrikaners (Afrikaanssprekendes?) het 'n ietwat plat, dog treffende, gesegde, wat die bespreking myns insiens mooi saamvat: Om die dam onder die eend (partykeer hoender) se gat uit te redeneer. Anders gestel, om 'n argument so te oorbenedeneer dat die punt verlore gaan.
Dit maak nie saak of jy 'n boom of 'n klip of 'n mens is nie, as jy nie glo nie, om watter rede ookal, is jy per definisie ongelowig. Die teïste wil op dié stadium 'n verskil tref tussen ongelowig omdat jy nie weet nie, en ongelowig omdat jy nie gelowig wil wees nie. Maar dit is net 'n slenter. As jy nie glo nie is jy ONGELOWIG, en as jy ongelowig is, is jy ateïsties, maw a(=nie)-teïsties, uit en gedaan.
Soos ek in die boek sê, dit is vir die skeinheiliges moeilik om te sluk dat 'n pasgebore baba 'n ateïs is. Maar 'n ding is, of dit is nie. As hulle 'n probleem het met 'n ongelowige baba omdat dit ongelowig is, moet hulle die definisie verander. Epistemologie is wat dit is. Om dit op sy kop te keer sal behels om die wêreld se begrip van kennis ongedaan te maak.
Is u daarvoor te vinde? Indien nie, is 'n ongelowige kind 'n ateïs.
Armando.